Thursday, March 11, 2010

Dag 13: Calitzdorp tot Amelienstein/Zoar

Vliee. Groot vliee. Plat vliee. Steekvliee. Klein vliegies. Gewone vliee. Orals. In jou ore, in jou neus, onder jou arms, in jou oe - enige plek waar hulle n bietjie voggies kan kry. Knip jy jou oog op die verkeerde tyd, voel jy hoe fladder vliegvlerkies onder jou ooglede. Net n effense irritasietjie in 44 grade C, sonder n wolkie in die lug.

Vroegoggend stap ons uit Calitzdorp na n lekker lang ruskans terwyl die luggie amper nog koel is. Die pad maak n lang draai om die dorp voordat dit tussen die koppe in verdwyn. Die opdraende het reeds in die dorp begin, maar dit raak net steiler en heftiger wanneer ons die Huisrivierpas tref. Die pas is ongeveer 12km lank, en die paadjie kronkel op en af en tussen en oor die berge deur n pragtige area.

Die draaie is skerp en die stapplek baie min. Op een draai het n groentetrok skynbaar nie sy draai gekry nie en die uie en uieskille le die wereld vol. Gelukkig is daar n paar wat ek summier inpak om later se tuna bietjie woema te gee. Niks soos n rou uitjie en tuna op provita vir n vinnige lunchie nie! (Klink of ons hongerly! :))

Anderkant uit die pas is dit net n paar km voordat ons Barn 62 Backpackers op links aantref. Eintlik vinniger as wat ons gehoop het (voor 2-uur). Hoe meer ons vandag kan stap, hoe minder hoef ons more te stap...

Dis n quaint, groen-geverfde blik-barn met n groot stoep, grasperkie, en lekker kuierarea op die grondvloer. Dorms met beddens is bo. Dwayn ontvang ons by die deur en ons begin sommer dadelik met een van die lekkerste yskoue Savannahs ooit. Snaaks hoedat sulke klein plesiertjies so uitstaan in sekere omstandighede. (After a days walk everything has twice its usual value - George Macauley Trevelyan.)

Nie te lank nie of die buurman, Desmond - n local teacher op Zoar - join ons vir lekker geselsies oor dit en dat. Boeke, die gemeenskap en omgewing, fietsry, visvang, stap, ens.

Teen half-7 sak daar n bui reen uit (!) wat die ergste hitte breek, en eers heelwat later dink ons eers weer aan aandete. Ons het reeds 5 dae in die hittegolf gestap en kan nie wag dat die temperatuur net weer semi-normaal raak nie.

Desmond stel voor dat ons die volgende dag die scenic roete via Hoeko stap wat dalk bietjie langer is, maar heelwat mooier.

Geen bobbejane, min reen, baie muskiete. Dag 13 is in die sakkie.

Posted from Blogium for iPhone

No comments:

Post a Comment