Monday, March 1, 2010

Day 3: Kareedouw to Joubertina


Happy birthday, dear Harry - happy birthday to you! Hiep-hiep-hoera!

Ons vertrek weer later as beplan (7:00) vanaf n koel, bewolkte Kareedouw. Die langkloof is pragtig. En die pad wat deur die berge kronkel is steeds undulating - bultjie op bultjie af. Die veldbrande het kwaai verwoesting gesaai, maar met die reen van die afgelope tyd is die nuwe groei amper onnatuurlik groen teen die swart as en boomstompe.

"The long and winding road" van die Beatles draai in my kop terwyl ons treetjie vir treetjie die kilometers aftel. Nie lank nie, of n motreentjie sak uit. Maar die reenbaadjies was skaars aan of dit klaar op - vir die res van die dag.

Ons skoene is nog nat van die vorige dag wat tot gevolg het dat ons voete baie vinnig reeds soos pruimedante lyk! En ek het ongelukkig voetsole wat 3 sizes te groot is vir my voete! Blase is dus onafwendbaar deel van my roetine. Maar ek het voorsorg getref hierdie keer met goeie raad van 'n mede-Cape-Odyssey deelnemer, Greg, wat voorgestel het dat jy die blaas met Friars Balsam moet inspuit. Dit werk soos 'n bom, maar ek het net een woord om dit te beskryf: "%$#&#@!!$$%"!!!

Gerry se 'mechanics' is klaarblyklik beter ontwerp as myne, want benewens ligte spierpyn in hy so reg soos 'n roer. Gelukkig!

Alhoewel dit al bietjie gereen het in die Langkloof, is die riviere en damme maar baie droog.

Die Langkloof se mense is baie vriendelik: een man bied aan om ons 'n lift te gee, terwyl 'n ander sy reuse trok langs die pad teen 'n bult tot stilstand bring omvir ons 6 yskoue vars appels te bring - absoluut hemels! Dankie! Nog 'n vrou wat ons uit Karedouw sien stap het, en ons verblyf situasie met die eienaar (Anton?) van The Nest opgehaal het, kom van voor af 10km terug gery om blyplek aan te bied! (Ons was egter reeds geholpe met verblyf by Die Kraaltjie.) En ongeveer 2km verder stop Peter om vir ons blyplek op Haarlem aan te bied by hom en sy vrou Shiela. Wat 'n wonderlike verjaarsdag geskenk! Die Langkloof is 'n wonderlike gebied - besoek dit eendag.

Die tweede lang dag in 'n ry op die pad word ook 'n laat aand. Ons arriveer teen 19:00 by die afrit tot Joubertina en ons planne om 'n bubbly of wyntjie te koop om Gerry se verjaarsdag te vier lei tot niks. Winkels is reeds toe en die kroeg en restaurant by Die Ark op Roete 62 verkoop nie bottels nie - reels is reels.

Nog 2km verder bereik ons die Kraaltjie, en nog 'n kampeer-aanbieding verander in 'n heerlike cottage vir die aand. Baie dankie, Elize, ons het heerlik gebly!

En so lei die "Long and winding road" ons deur 'n pragtige deel van SA, die Langkloof, op Gerry se verjaarsdag. Wat 'n dag om te onthou!

Posted from Blogium for iPhone

1 comment:

  1. Jy lyk sat, moenie opgee nie.
    In Wouna se famous words : "YOu Can Do IT!!!".
    P.S. Jy gaan dit nog baie hoor. :D
    Maak dit jou Mantra

    ReplyDelete