Monday, March 8, 2010

Day 12: Amber Lagoon to Calitzdorp

Skuins voor sonop staan ek met 'n koppie duitse troos en wonder wat die dag gaan inhou. Wie gaan ons vandag ontmoet? Watter ander interressante lewens gaan oor ons pad kom?

Soos belowe vertrek ons gasheer 6-uur met ons om ons weer by die R62 af te laai waar hy ons die vorige middag opgepik het. Die son mik nog net om op te kom en ons weet die koel luggie is van korte duur. Die voorspellers se 41 grade C.

95% van die bestuurders op die pad is hul vrolike self - waai, toet, flash ligte of gee n thumbs up! Te wonderlik - baie sosiaal. Jy voel glad nie alleen nie, alhoewel ons benewens binne dorpe, nog geen ander voetgangers op die pad gekry het nie.

Ons vorder goed en teen 8km to go maak n voertuig (met sleepwa!) n U-draai in die pad om voor ons stil te hou. n Jong couple, met baba en hond, bied aan ons druiwe, rehidrate, pleisters, berocca, verbande, salf en raad. 4km verder daag hulle weer op, hierdie keer met aalwynblare vir sonbrand en gauze vir die blase. 'Thanks for the inspiration', se die vrou toe ons wegstap. Sjoe - hoe wonderlik om te weet jy't iemand geinspireer. 'Thanks for your kindness and interest' wil ek se, maar kom nie sover nie. Wat 'n kompliment, en ek is te verslae om ordentlik daarop te reageer.

Maar voor die storie te 'cheesy' raak wil ek darem net se (ongeag baie pyne, en n nuwe ellendige item by die lysie - n soolvrat!) is hierdie die greatste ervaring ooit! Moeilikheidsgraad: Die Cape Odyssey x 10 (tot sover :) ) By Calitzdorp aangekom staan n man in sy voordeur en vra: 'Where are you two off to?'. 'Yzerfontein', se Gerry. 'Crazy', se die man. En met n selfvoldane smile stap ons weg - eerder crazy as net wees.

Bougainvillea Backpackers is ons gesponserde oornagpunt - dankie aan Elana! Beste van alles is geen ander gaste is bespreek nie, en ons het die hele huis vir onsself. Nie dat ons nou skielik op die beddens gaan spring en op die tafels dans nie, maar die privaatheid is lekker en maak wasgoed was bv baie makliker - jy hoef nie panties en bra's op te hang op n plek waar dit dalk iemand gaan offend nie! :)

Posted from Blogium for iPhone

1 comment: