Thursday, March 11, 2010

Dag 14: Amelienstein/Zoar tot Ladismith

Dag 14: Amalienstein/Zoar tot Ladismith Die snaakste ding gebeur. Ons stap nog so lekker annerkant Zoar toe 'n kar van voor af verbyry, omdraai en langs ons kom stilhou. Uit klim die Vader van die Anglikaanse kerk op Zoar en begin staaltjies vertel oor sy werk en die gemeenskap.

Interessant genoeg dink meeste mense (insluitend die Vader) dat ons uitlanders is. Lyk my min locals ervaar ons land op hierdie manier. Kom kom maters - pomp daai fietsies se wiele op trek jou walking boots aan en vlug bietjie uit die corporate en concrete jungle vir 'n paar weke! Jy's gewaarborg om die lewe in 'n nuwe lig te sien :).

Ons praat die laaste paar dae so met locals oor die locals en gemeenskap in die omgewing en een ding blyk tellens na vore te kom: 'n groot persentasie van die gemeenskap is ongelukkig baie lui. Hulle kry mos All Pay so waarom dan nou self worry oor kos op jou tafel. Die arme Vader is skoon moedeloos oor al die gemeenskapsprojekte wat hy al begin het wat tot niks lei nie, omdat die mense nie 'n vinger wil verroer nie. Dis baie sad as jy 'n ou wil leer visvang sodat hy nie altyd iemand anders in die oe hoef te kyk nie, maar hy wil nie self nie. Hy verkies dit om net te kry.

Vroeer het iemand ook vertel dat hulle gratis musieklesse vir die locals aanbied, maar dat die kinders dan net vir 'n maand of twee opdaag. Die moeite om te oefen en op te daag vir lesse, is te veel.

Vertel die vader dat hy by die kerk in die klipperigste grond 'n groentetuin begin het. Skeptiese mense uit sy sak betaal het om te help grond omspit en toe die groentetjies begin groei, staan almal verslae. In 'n poging om die gemeenskap sover te kry om dit volgende keer self te doen, verduidelik hy hoe, en leer hulle en praat en vertel, waarop die een man toe net se^: "Maar Vader moet dit doen". Moedeloos gee Vader die man so een kyk en se^: "Ag gaan kak man!". Ek dog ek lag my 'n papie daar langs die pad. So 'n uitgesproke man :).

Die scenic roete deur Hoeko is pragtig met baie vrugtebome in 'n rural area wat deur die berge kronkel. Die paadjie word uiteindelik 'n grondpad en na ongeveer 16km bereik ons die kant van die dorp. Draai regs af en weer regs tussen die plase in om na ongeveer 1.5km die ronddawel te bereik wat Wim en Gerda le Grange vir ons aangebied het op hulle gasteplaas by Elandsvlei. Heerlik landelik!

In die nag word ek twee maal wakker en hoor hoe dit lekker reen op die dak. Ons hou duimvas die hittegolf is gebeek, want more is weer 'n lang dag van 50km tot by Warmwaterberg Spa.

Oja, vergeet maar van 'n R100-noot in jou skoen wegsteek vir in-case. Binne twee dae het ek al die ink afgeloop en die papier het poreus begin raak.

Posted from Blogium for iPhone

No comments:

Post a Comment