Saturday, March 13, 2010

Dag 16: Rusdag by Warmwaterberg Spa

Blaaskans. Eienaardige woord, maar gegewe my blase-situasie heel gepas. Ons besluit om my blase 'n kans te gee op Warmwaterberg Spa deur 'n dag oor te bly en in die warmbronne rond te hang. Dis veronderstel om healing powers te he.

Al ooit gewonder hoe dit is om vir ongeveer 'n maand met twee stelle klere (wat boonop eners lyk) dag in en dag uit te lewe? Een aan die bas, een in die was. En darem 'n spaar tshirt om in te slaap, iets warm en iets vir reen. Dieselfde paar voos vrot skoene. Elke dag. Selfs as jy bed toe gaan of in die nag 'n draai moet gaan loop en jy slaap buite?

Die antwoord is eenvoudig: who cares?Ek moet erken dat dit hoegenaamd nie pla nie. Die elke dag se wassery is bietjie van 'n nuisance, maar in terme van wat jy aantrek? Huh-uh mister. Who gives a shit.

Ons maak die lewe vir onsself baie complicated. Lewe 'n slag vir jouself en vergeet van die bure! Of mevrou dominee. Live en let live. :)

Posted from Blogium for iPhone

No comments:

Post a Comment