Saturday, March 13, 2010

Dag 18: Barrydale tot by die Akkerboom Country Cottages

Ons stap vanmore nog so lekker - want dis wat ons op die oomblik maar doen - in die koel Barrydale luggie toe daar 'n klein maleier/koi San vrou van voor af kom. "Waar stap mevrou heen?" wil sy weer. "Weskus" se^ ek. Nee, vertel sy, sy loop nou maar net dorp toe. Ek se^ toe, ja, sy't nog so 3km oor. "Hoe ver moet mevrou nog stap", vra sy, waarop ek antwoord dat dit net bietjie verder as 300km is. "Haai, ek hoop mevroutjie kry 'n lift" se^ sy bekommerd voor sy vort is.

Die stap wat voorle^ is een van die kortstes - net 22 km, wat beteken ons kan die Saterdag rustig vat en bietjie padlangs kuier. Ongeveer 12 km uit Barrydale oppad na Montagu kry ons die Joubert-Tradouw wynplaas (hulle het ook 'n tweede label genaamd Unplugged 62). Ongelukkig vir die binnelanders is die plaas nog te klein om baie wyd te bemark. Die Joubert-Tradouw reeks is baie lekker en die Unplugged 62 reeks is heel quaffable. Great value for money, as jy ooit hierdie rigting kom en jou versameling wil aanvul.

Na 'n paar proeseltjies, 'n bottel Chardonnay in die rugsak en 'n tros Cabernet Franc in die hand is ons weer op die pad. Snaaks, maar die Cab Frank druif is maar effens - klein korreltjies wat maklik breek as jy dit pluk, maar baie lekker.

Tradouw is 'n koi-San woord en beteken blykbaar "the way of the woman", soos in weg of pad, nie manier nie! Hier is blykbaar 'n pad deur die vallei wat die vroue gestap het, na slawerny afgeskaf is, om op Swellendam te gaan trou?

Die Tradouw vallei is ongelooflik mooi. Pragtige berge en heelwat vrugteboorde - groen en pragtig. Lyk amper nie of hulle ook swaarkry met die droogte nie.

Ongeveer 2km verder is die Karoo Saloon, waar ons amper oornag het, was dit nie so naby aan Barrydale nie. Tyd vir 'n bier! Karoo Saloon is nou 'n "padstal" met vavawoom. Groot kuier-stoepe en grasperke, all sorts of curios en selfs chalets as jy wil oorslaap. Oorspronklik was dit meer beplan om te cater vir bikers, maar nou is enigiemand welkom.

Ons chat bietjie met 2 bikers, later die eienaar en dan is dit nog net Tradouwpas wat tussen ons en ons slaapplek le^. Die pas is ook, soos baie ander in SA, 'n Sir Thomas Bain skepping en soos ons hoer en hoer gaan, het jy die mooiste view terug oor die vallei. Pragitg man. Ek sal sommer hier kon bly.

En dan bereik ons die Akkerboom Trading Post waar Jodi vir ons die sleutel gelos het (nog 'n wonderlike "padstal") en ongeveer 2km verder is ons in Plumbago - die naam van die cottage wat Jodi vir ons aangebied het. Baie mooi, in 'n vrugteboord tussen die riete naby 'n stroompie. Nou moet daai Chardonnay vinnig afkoel!

Posted from Blogium for iPhone

1 comment:

  1. Die plek lyk soos die plaas as jul terugkom moet ons een naweek daar gaan kuier lyk of mens daar kan ontspan en baie lekka kuier is ek reg???

    ReplyDelete